Business

Doelwitte

Dit was omtrent 2 maande gelede wat ek ‘n artikel geskryf het. Die rede is dat ek onlangs ‘n tydelike kontrak vir ‘n projek in die Kongo gekry het. As mens in die donker opstaan om die spitsverkeer vir werk aan die verkeerde kant van die stad moet aandurf en boonop saans weer in die donker tuiskom, is daar nie baie tyd om nog oor mens se werklike lewensdoelwitte te kan besin nie.
Die kontrak het toe tot ‘n einde gekom en die geleentheid her my te beurt geval om een van Piet Nieman se Doelwitbereikingvlerk (DBV) werkswinkels by te woon. Terloops, in engels staan dit bekend as “objective achieving wing” of OAW.
Piet is self ‘n afgetrede bedryfsingenieur en was werksaam by ESKOM waar hy talle ingenieurs opgelei het deur die praktiese tekortkominge in die handleidings geïdentifiseer. Sy benadering was deur vorige ongelukke in die bedryf te analiseer en indien dit aangedui het dat daar addisionele tegniese opskerping nodig was het hy dit aangespreek. So groot was Piet se passie vir sy werk was dat hy bevordering na ‘n bestuurderspos en merkwaardige finansiële voordele afgewys het.
Deur die lesse kom mens gou agter dat jy jou eie doelwitte suksesvol kan nastreef deur sekere reëls toe te pas.

Leave a Reply

Your email address will not be published.